Skip to main content
Free carbon-neutral shipping over $39.99  ·  Thousands of books on sale — sale ends soon

Bevrore hart

by Gert Van Jaarsveld, Anja Ries

Independently Published

Paperback 150 pages Afrikaans Jan 08, 2020

(No reviews yet) Write a Review
Millions of titlesEvery book you're looking for
Carbon-neutral shippingFree on orders over $39.99
Fast shipping worldwideDelivered to your door
Toe die hael haar genadeloos uit die hemel kasty, het sy die woorde: "Hoekom doen Jy dit aan my?" die hemel ingeslinger. Sy was dan júís op pad uit haar flenterbestaan na 'n nuwe lewe! Toe het daar 'n groot blok ys in haar hart kom sit. In die gebeure wat volg, moet sy telkens ervaar hoe teenspoed, die wrede lewensgang, teleurstelling en smart haar, en die mense vir wie sy lief het, tref en die ysblok voed. Tóg het sy telkens die innerlike krag gevind om voort te gaan, om 'n sukses te maak van haar ondernemings, om nooit haar empatie met haar medemens te verloor nie; tewens sy het altyd probeer om meer van haarself te gee as wat sy ontvang het.Die verhaal speel af rondom die tyd van die Tweede Wêreldoorlog in 'n myndorpie in Suid-Afrika; 'n oorlog wat haar ook tot in haar diepste wese geraak het.Waar sou die oplossing wees vir haar voortdurende stryd teen algehele radeloosheid? Sal dit 'n nimmereindigende innerlike stryd wees? Sou die liefde van 'n man haar kon help om die blok ys in haar hart te laat smelt?
Author:
Gert Van Jaarsveld, Anja Ries
Publisher:
Independently Published
Publication Date:
Jan 08, 2020
Number of pages:
150 pages
Language:
Afrikaans
Binding:
Paperback
ISBN-10:
1657467678
ISBN-13:
9781657467675